Spaar beteken
verskillende dinge vir verskillende mense.Vir die meeste Suid-Afrikaners het
die woord egter nog steeds negatiewe konnotasies soos harde bene kou, skuldgevoelens
en wanhoop.
Volgens……. is die
rede hiervoor dat spaar outomaties ’n gevoel laat ontstaan dat jy jouself iets
ontneem.“Daar is skynbaar ’n persepsie dat jy eers ’n sekere luukse of beloning
moet prysgee om geld beskikbaar te kan hê vir spaar.Dit hoef egter nie so te
wees nie, en spaar kan trouens deel van jou leefwyse word, met die minste
moeite.”
Hoe kan jy dit
regkry?…… stel voor dat jy jou daaglikse inkopies elke dag aanteken,of jou
bankstate aan die einde van die maand nagaan.“Op hierdie manier kan jy die
beste sien waar jy jou geld bestee.Dit sal waarskynlik vir jou ’n skok wees om
agter te kom presies hoeveel jy uitgee, en waarheen jou swaarverdiende geld
gaan.”
Hy sê hoewel baie
verbruikers kla dat hulle nie genoeg geld het om aan die einde van die maand te
spaar nie, bestee hulle dikwels maklik geld aan nie-noodsaaklike items.“’n Paar
Steers-burgers in ’n maand kan jou byvoorbeeld R200 uit die sak jaag, jy sal
miskien ’n nuwe paar skoene op uitverkoping raakloop vir R200, ’n vinnige
wegneemkoffie op pad werk toe kry en natuurlik die jongste CD van jou
gunstelingsanger aanskaf teen R150 – en jy het klaar sowat R600 bestee.”
Hoewel ons onsself
maklik bederf, raak dit baie makliker om selfs net R100 per maand opsy te sit,
as ons ontleed wat ons alles koop.…………. sê jy kan baie vermag deur R100 per
maand te spaar.Haar berekenings toon dat ’n belegging van R100 per maand in ’n spaarproduk
teen ’n realistiese rentekoers van 5% beteken dat jy teen die einde van die
eerste jaar R1 227 gespaar het.Dit styg tot R6 781 na vyf jaar, en R15
436 na 10 jaar.’n Spaarbedrag van R500 per maand toon selfs nog beter
resultate:dit groei aan tot R6 136 teen die einde van jaar een, R33 907 teen
jaar vyf en R77 182 teen jaar 10.“Dit wys jou dat dit nie nodig is om baie geld
per maand weg te sit om te kan spaar nie. Deur net klein dingetjies uit te
skakel, kan jy jou spaargeld tot ’n beduidende bedrag laat aangroei.”
…….. se advies is
ook om ’n slim koper te word.“Om skoene op uitverkoping te koop en wat jy spaar
aan iets anders te bestee, is nie slim koop – of spaar – nie.Jy spaar eers
regtig wanneer jy die geld wat jy 'gespaar' het in jou spaarfonds sit om later
op ’n meer sinvolle wyse te bestee.”
Een manier om dit
reg te kry, is om ’n spaarplan te hê, en ’n duidelike visie van die uitkoms.Hy
stel voor dat jy ’n korttermyn- en ’n langtermynspaarplan kry.“Die
korttermynplan kan byvoorbeeld gebruik word om te spaar vir ’n iPad, ’n vakansie,
jou droomtroue, ens. Dit is ’n plan wat binne twee jaar sy doelwit kan bereik.Die
langtermynspaarplan is bedoel vir jou aftrede, ’n deposito op jou huis of
miskien jou kind se opvoeding – dus enigiets meer as twee jaar.”Een manier om
seker te maak dat jy nie die spaardoelwit laat vaar voordat dit bereik is nie,
is om prentjies te gebruik.….. sê jy moet ’n prentjie teen jou muur plak van
die droomvakansie wat jy beplan, of die tablet wat jy in die rekenaarwinkel
gesien het.Dit sal jou help om die einddoel in gedagte te hou en hopelik nie
jou geld te bestee aan goed wat jy nie nou nodig het nie.
……. stel voor dat jy
’n spaarproduk kies wat jou ’n goeie rentekoers gee.Ter illustrasie sal ’n spaarbedrag
van R500 per maand na 10 jaar ’n bedrag van R60 000 in reële terme lewer as jou
rentekoers nul persent is.Maar soos vroeër aangedui, groei dit aan tot R77 180
teen ’n rentekoers van 5%.Sy advies is om eers die mark deur te kyk vir ’n goeie
spaarproduk.Of moenie skaam wees om ’n beter koers te vra nie.
Hy sê kopers
behoort die gewoonte van “onmiddellike beloning” deur nie-noodsaaklike items te
koop, af te leer en eerder ’n spaargewoonte aan te kweek.“As ons ’n spaardoelwit
het, voel ons nie dat ons onsself iets ontneem as ons nie daardie klere koop wat ons nie nodig het nie.En miskien kan ons
finaal die gedagte uit ons kop kry dat spaar sinoniem is met skuldgevoelens,
wanhoop en harde bene kou – en eerder daaraan dink dat die uitkoms ’n droomvakansie
kan wees.”